Velddrif

Konstitusie en Regulasies

1. Doelstelling

Die amptelike naam van die Kamer is die Velddrif Sakekamer.

Primêre Doelstellings van die Kamer

1. Die fundamentele doelstelling van die Kamer sluit die volgende in:

  1. Die strategiese samevoeging van Sakepersone in ‘n gesonde organisasie met ‘n professionele sake-atmosfeer.
  2. Om die plaaslike sakelewe aktief te bevorder. Dit geskied deur bedryfsleiding en voorligting in die sakewêreld te gee, asook om praktiese diens aan sy lede te lewer. Verder beskerm die Kamer hulle teen enige onbillike maatreël wat hulle mag benadeel, bespreek besigheidsaangeleenthede in belang van lede, neem besluite en tref maatreëls vir die uitvoering van sodanige besluite.
  3. Om lesings te reël en besprekings te voer oor enige kommersiële onderwerp, en wanneer dit nodig blyk te wees, spesifieke beskrywingspunte vir nasionale kongresse in te stuur.
  4. Om grondige ondersoek in te stel na enige saak wat die sakelewe raak. Gevolglik sal die Kamer inligting wat vir die sakeman van waarde mag wees versamel, verwerk en versprei.
  5. Om enige ekonomiese beleid wat die handel in besonder of die ekonomiese lewe in die algemeen raak en wat tot die voordeel van die sakewêreld strek, deurlopend te bevorder.

Ondersteuning en Gemeenskapsvoorligting

  1. Om sy lede in sake wat die oprigting en uitbreiding van sakeondernemings raak behulpsaam te wees. Daarom bedien die Kamer hulle met hulp en voorligting, met die uitdruklike voorbehoud dat die Kamer as sodanig nie self mag deelneem aan die algemene handel en nywerheid van die land nie.
  2. Om by die verbruiker deur middel van gerigte voorligting, gesamentlike reklameveldtogte en op enige ander wyse groter belangstelling in die handel te wek. Sodoende word die publiek beweeg om ‘n meer simpatieke houding daarteenoor te neem en nie onbillike eise aan die sakeman te stel nie, maar ook om onbillike behandeling deur die sakelui direk aan te meld by die Kamer.
  3. Om gesonde beginsels van kredietbeleid onder sy lede te propageer en wat kredietverlening betref so ver as moontlik onderlinge samewerking van sy lede te bewerkstellig.
  4. Om met ander geassosieerde liggame en verenigings wat geheel of gedeeltelik dieselfde doelstellings nastreef, nou saam te werk.

Onderwys, Batebestuur en Plaaslike Handel

  1. Om in medewerking met sy lede te beywer vir die opleiding en voorligting van jongmanne en vroue in die handel en nywerheid. Dit word gedoen deur ondersteuning toe te sê aan opleidingskole, asook deur reëlings te tref met handelshuise of instellings vir die indiensneming van ingeskrewe studente vir bepaalde tydperke. Dit sluit in die erkenning van diplomas of grade uitgereik deur opleidingsinrigtings en die uitreiking van sertifikate na keuring van studente wat ‘n goedgekeurde leertydperk voltooi het. Waar fondse dit toelaat, mag finansiële hulp aan handelsstudente verleen word op voorwaardes waaroor die Uitvoerende Komitee moet besluit.
  2. Om gesonde en harmoniese samewerking te verkry tussen werkgewers in die sakelewe en om sodoende gesonder arbeidstoestande te bewerkstellig.
  3. Om enige roerende sowel as onroerende eiendom te koop, te huur of andersins te verkry wat vir die huisvesting van die kantore van die Kamer nodig mag wees. Die bestuur mag insgelyks besluit om sulke eiendom of ‘n deel daarvan oor te dra, te verkoop, verhuur, verpand, of daarmee weg te doen.
  4. Om lede aktief aan te moedig tot kwaliteit diens en mededingender pryse met groter sentra, en om die publiek sodoende te motiveer om plaaslik te koop.
2 - 4. Lidmaatskap en Toetredingsgelde

LIDMAATSKAP:

2. Lede sal uit twee klasse bestaan, naamlik: a) Gewone Lede, en b) Ere-Lede.

Gewone Lede:

i) As gewone lede kan toegelaat word handelaars, nyweraars, finansiers, dienslewerende ondernemers, verenigings, organisasies en persone wat direk of indirek in die sakelewe in die Bergrivier Munisipale gebied (Velddrif / Laaiplek area) betrokke is.

ii) Aansoek om lidmaatskap moet op die amptelike voengeskrewe vorm geskied.

iii) Die finale goedkeuring van lidmaatskap berus uitsluitlik by die bestuur.

Ere-Lede:

As ere-lede kan toegelaat word persone wat op grond van hulle diens aan die Kamer, bekwaamheid en ervaring as sodanig gekies word. Ere-lede word deur die bestuur gekies en sal dieselfde voorregte as die gewone lede besit, behalwe dat hulle nie stemreg het nie. Die bestuur het egter die bevoegdheid om die naam van enige ere-lid van die lys te skrap.


TOETREDINGS- EN LIDMAATSKAPGELDE:

3. Ere-Lede: Hierdie lede betaal geen toetredings- of lidmaatskapgelde nie.

4. Gewone Lede: Betaal toetredings- en lidmaatskapgelde soos van tyd tot tyd deur die Bestuur van die Kamer vasgestel word.

4.1. Bykomende lede van ‘n spesifieke firma sal 75% van die gewone lidmaatskapfooi betaal.

4.2. Meer as twee lede van ‘n firma mag aansluit, maar die toepaslike stemreg is onderhewig aan die bepalings van paragraaf 12.

4.3. Amptelike lidmaatskapsertifikate sal aan lede uitgereik word en moet vertoon word op ‘n opvallende plek op die betrokke besigheidsperseel.

5 - 8. Beëindiging, Skorsing en Verteenwoordiging

BEËINDIGING VAN LIDMAATSKAP:

5. In die volgende spesifieke gevalle word die lidmaatskap van ‘n lid beëindig:

  1. As ‘n lid skriftelike kennis gee van sy voorneme om te bedank, en op voorwaarde dat hy drie maande voor die einde van die boekjaar kennis gee. Hy bly egter nog verantwoordelik vir sy lidmaatskapgelde vir die lopende jaar.
  2. As ‘n lid van die Kamer insolvent raak, verval sy lidmaatskap outomaties.
  3. Wanneer ‘n lid deur die bestuur geskors word.
  4. Die lidmaatskapsertifikaat moet onmiddellik ingehandig word.

SKORSING VAN LEDE:

6. Die bestuur sal in die volgende gevalle die bevoegdheid besit om ‘n lid van die Kamer te skors:

  1. As ‘n lid se lidmaatskapgelde ten spyte van behoorlike kennisgewing vir langer as 6 ma

Ready to grow your business with us?

Join the Velddrif Chamber of Commerce today and start connecting with your community.

© 2026 Velddrif Chamber of Commerce. All Rights Reserved.